Armoria civica
http://uk.oocities.com/muurkroon
WALMER
Provinsie/staat: Kaapprovinsie/Kaap Colonie (tans Oos-Kaap).
Afdelingsraad: Port Elizabeth.
Toevoegings: –
Ingelyf: in Port Elizabeth, 1967 (tans deel van Nelson Mandela Metropool).
Walmer

Die wapen mag so geblasoeneer word:

In goud, ’n aalwyn (Aloe ferox) in sy natuurlike kleure, staande op ’n wrong.

Leuse: Festina lente.

Die aalwynsoort Aloe ferox is ’n treffende voorbeeld van die inheemse plantegroei in Walmer en in vele ander dele van Oos-Kaapland. Sy vetplantagtige blare met dorings langs die kante kan óf afwaarts groei, na binne gedraai (soos hierbo aantegoon) óf uitwaarts (soos onder getoon); soms kom die twee groeipatrone op dieselfde plant voor.

Die Latynse leuse, Festina lente, vertaal as “Versnel stadig.”

Agtergrond van wapen:
Die Stadsraad Walmer het ’n wapen gevoer bestaande uit ’n skild en leuse alleenlik, sonder ’n helmteken. Die devies op die skild is egter duidelik ’n helmteken, aangesien dit op ’n wrong rus. In die een illustrasie is die wrong goud en rooi, in die ander is dit silwer en rooi.

’n Verdere onreëlmatigheid is die formaat van die skild, wat ’n driehoekige uitbulting middel bo toon.

Hierdie anomalieë is aanduidings dat, ten spyte van die prysenswaardige eenvoudigheid van die wapen, dit te gener tyd deur enige heraldiese gesag verleen of geregistreer sou wees. Dit kon egter met die Departement Nasionale Opvoeding geregistreer gewees het. Hierdie instansie was nie gemoeid oor die wapens wat dit aangeteken het nie.

Die foto bo is afgeneem by die formele ingang tot Walmer se Stadsaal; daar is twee sulke mure, weerskante van die Stadsaal, wat steeds in gebruik is.

Die foto onder is binne die Stadsaal afgeneem.

Walmer

Counter

Terug na bo

For English, click here

  • Foto’s deur Ivor Markman. Skanderings met vergunning van die Evening Post.


    Terug na munisipaliteite-indeks

    Terug na Armoria civica-indeks

    Terug na Armoria-index


    Opmerkings, navrae: Mike Oettle