Armoria civica
http://uk.oocities.com/muurkroon

DESPATCH
Provinsie: Oos-Kaap (tot 1994, Kaapprovinsie)
Distriksraad: Westelike Distriksraad (tot 1978, Afdeling Uitenhage; toe Afdelingsraad Dias; daarna Streeksdiensteraad Algoa).
Toevoegings: –
Ingelyf: in Nelson Mandela Metropool, 2000.

Despatch

Die wapen mag so geblasoeneer word:

Gedeel, die linkerhelfte gesny: I: ’n Baksteenoondskoorsteen van stene gebou in sy natuurlike kleure; II: a: in goud, ’n hand wat ’n messelaarstroffel skuins vashou, in hulle natuurlike kleure; b: ’n waterlelie wat oop lê.

Leuse: Handhaaf en bou.

In die regterhelfte is die agtergrond blou hemel bo, maar vir die res deur wolke verduister.

Die skoorsteen, wat vierkantig gebou is en na bo nouer word, het ses merke aan die regterkant wat soos vensters lyk, maar die tekening is onduidelik.

Die derde veld (die onderste deel van die linkerhelfte) is gesny, die boonste deel soortgelyk blou hemel met wolke, die onderhelf water wat voorgestel word met rofweg getekende golwende wit strepies op blou, maar nie in enige erkenbaar heraldiese vorm nie.

Die waterlelie is ’n ronde blaar wat op die water dryf met een oop blom en een blom wat nog nie oop is nie, die blomme altwee bo die skeidslyn tussen water en hemel.

Oor die dorp
Die gemeenskap het vanaf 1942 ’n dorpsbestuursraad gehad en het in 1945 ’n munisipaliteit geword. Die wapen is in 1957 in gebruik geneem. Dit word nie genoem of die wapen geregistreer is nie, maar in die lig van die onheraldiese voorkoms is dit onwaarskynlik dat enige registrasie plaasgevind het en seker dat dit nie deur die Staatsheraldikus geregistreer is nie.

’n Inligtingsvel wat deur die munisipaliteit voorsien is, verklaar dat die skoorsteen die steenmakery wat vroeër bestaan het, voorstaan, en wat die dorp sy naam gegee het (die naam het glo ontstaan omdat die stene daarvandaan na ander bestemmings versend [“dispatched”] is); die waterlelie staan vir die Swartkopsrivier wat deur die dorp vloei, en die hand met die troffel verteenwoordig die voorspoed van Despatch.

Ná die munisipale verkiesing van 2000 het Despatch deel geword van die Nelson Mandela Metropool.


Counter

Terug na bo

For English, click here

  • Skandering met vergunning van Community News, Port Elizabeth.


  • In Armoria academica verskyn die Hoërskool Despatch.


    Terug na munisipaliteite-indeks

    Terug na Armoria civica-indeks

    Terg na Armoria-indeks


    Opmerkings, navrae: Mike Oettle